Numbers 22
1 Israel het aanhou trek. Hulle het hulle tente op Moab se oop vlaktes opgeslaan, net anderkant die Jordaanrivier van Jerigo af.
4 Moab se leiers het vir Midian se leiers gesê: "Hierdie skare gaan die land kaal stroop! Hulle sal alles opeet, soos 'n bees wat deur 'n veld wei." Balak, die seun van Sippor, was Moab se koning.
15 Balak het nie moed opgegee nie. Hierdie keer het hy nog meer manne gestuur. Manne met meer mag, meer eer.
22 Maar God het gebrand van woede omdat Bileam gegaan het. Jahwe se engel het in die pad kom staan, soos 'n vyand met sy swaard gereed om die pad te versper. Bileam het op sy donkie gery. Twee helpers het langs hom gestap.
28 Toe het Jahwe die donkie se bek oopgemaak. Sy het gepraat: "Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom het jy my drie keer geslaan?"