Genesis 1
1 In die begin het God alles gemaak, die grond hier onder, die lug daar bo.
6 God het weer gepraat. "Laat daar 'n ruimte wees om die water in twee te deel."
9 God het weer gepraat. "Laat die water terugtrek na een plek toe. Laat droë grond verskyn." Dit het gebeur.
11 God het weer gepraat. "Laat plante uit die aarde groei. Gras. Bome met vrugte wat saad binne het." Dit het gebeur.
14 God het weer gepraat. "Laat daar ligte in die lug hang om dag en nag van mekaar te skei, om die seisoene en dae en jare te wys."