Psalms 7

1 'n Hartseer lied van Dawid. Hy het dit vir Jahweh gesing weens dinge wat Kus die Benjaminiet oor hom gesê het. Jahweh my God, U is waar ek wegkruip! Red my van almal wat my jag! Trek my na 'n plek waar ek veilig is!