Psalms 18

1 Vir die musiekleier. Deur Dawid, die dienaar van Jahwe. Hy het hierdie woorde vir Jahwe gesing op die dag toe Jahwe hom gered het van al sy vyande en van Saul. Hy het gesê: "Ek is lief vir u, Jahwe, my krag!"

2 Jahwe is my rots, so hard soos klip! Hy is my sterk veilige plek! Hy is die een wat my vrytrek! My God is die rots waar ek wegkruip! Hy is my skild! Hy gee my krag om aan te hou! Hy staan soos 'n toring wat nie kan val nie!