Genesis 50
4 Toe die gehuil ophou, het Josef na Farao se manne gegaan. "As ek enigsins vir julle saak maak, vat 'n boodskap vir my na Farao toe."
10 Hulle het by 'n plek genaamd Atad gekom. Anderkant die Jordaanrivier. Daar het hulle hardop gehuil met diep, hartverskeurende snikke. Josef het sewe dae aaneen oor sy pa gehuil.
12 Jakob se seuns het alles gedoen wat hy vir hulle gesê het.
15 Hulle pa was dood. Vrees het soos 'n skaduwee oor Josef se broers geval. "Wat as Josef net gewag het? Wat as hy ons nou uiteindelik terugbetaal vir alles wat ons aan hom gedoen het?"
24 Josef het sy broers nader geroep. "My tyd is verby. Maar God onthou julle! Hy sal kom! Hy sal julle uit hierdie land lei en julle huis toe vat na die land wat hy aan Abraham, Isak en Jakob belowe het!"