Genesis 41
1 Twee volle jare het verbygekruip. Toe, een nag, het die koning 'n droom gehad. Hy het op die rand van die groot rivier gestaan.
37 Farao het dit alles gehoor. Sy leiers ook. Hulle het geknik. Dit was 'n goeie plan.
46 Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het. Ná daardie dag het hy oor die hele land gereis om sy werk te doen.
50 Voordat die honger jare gekom het, het Josef twee seuns gehad. Sy vrou Asenat, dogter van Potifera, 'n priester van On, het aan albei geboorte gegee.