Genesis 33
1 Jakob het opgekyk. Esau het na hom toe aangeloop gekom. Vierhonderd man het agter hom geloop! Jakob het die kinders by Lea, Ragel en die twee diensmeisies gesit.
3 Jakob het vooruit geloop. Hy het na sy broer toe geloop. Sewe keer het hy tot op die grond gesak en sy gesig na onder gehou voordat hy by Esau gekom het.
4 Esau het gehardloop! Hy het sy arms om Jakob geslaan en hom styf vasgedruk. Hy het sy nek oor en oor gesoen. Hulle het albei gehuil.
17 Jakob het na Sukkot toe gegaan. Hy het 'n huis gebou en klein skuilings vir sy diere opgeslaan. Dit is hoekom die plek Sukkot genoem word. Dit beteken klein skuilings.
18 Uiteindelik het Jakob by die stad Sigem in Kanaän gekom. Hy het al die pad van Paddan-Aram af gekom. Hy het sy tent buite die stad opgeslaan.