Genesis 32
1 Jakob het ook op sy pad gegaan. En toe gebeur dit! Engele van God het hom op die pad kom ontmoet.
3 Jakob het manne vooruit gestuur om sy broer Esau te vind. Esau het in die land van Seïr, in die wilde land van Edom, gewoon.
7 Vrees het Jakob se hart soos 'n vuis gegryp. Hy het sy mense in twee groepe verdeel. Hy het die skape, die koeie en die kamele op dieselfde manier verdeel.
9 Toe het Jakob op sy knieë neergeval. "God van my pa Abraham! God van my pa Isak! Jahwe, U het vir my gesê om terug te gaan na my grond en my mense toe. U het belowe om goed te wees vir my."
22 Daardie nag het Jakob opgestaan. Hy het sy twee vrouens, sy twee diensmeisies, en sy elf seuns gevat. Hy het hulle deur die vlak water by die Jabbokrivier laat loop.