Genesis 11

1 Daardie tyd het almal dieselfde woorde gepraat. Een stel klanke. Een manier van praat.

4 Hulle het gesê: "Ons gaan 'n stad bou! 'n Toring wat aan die lug raak! Dan sal almal ons naam ken. Ons gaan net hier bly. Ons sal nie versprei nie."

5 Jahwe het afgekom om dit te sien. Die stad. Die toring wat op en op gaan.

7 Jahwe het gesê: "Ons gaan af. Ons gaan hulle woorde deurmekaar krap. Niemand sal enigiemand anders verstaan nie."

8 So het Jahwe hulle verstrooi. Hy het hulle oor die hele aarde gestuur. Die stad is nooit klaar gebou nie.