Psalms 60
1 Vir die koorleier. Sing dit op die wysie van "Die Lelie van die Verbond". 'n Leurlied van Dawid. Dit is van toe hy teen Aram-Naharajim en Aram-Soba geveg het. Joab het teruggekom en twaalfduisend Edomiete in die Soutvallei doodgemaak. God, U het ons weggestoot! U het deur ons lyne gebreek! Woede het in U gebrand! Bring ons nou terug! Asseblief, bring ons terug!