Psalms 56

1 Vir die musiekleier, op die wysie Stille Duif in Verre Lande. 'n Gedig deur Dawid, toe die Filistyne hom in Gat gevang het. Wys my genade, God! Mense probeer my platdruk! Heeldag lank val vyande my aan en maal my fyn!