Genesis 38

1 In daardie tyd het Juda van sy broers af weggegaan. Hy het by 'n vriend, met die naam Hira van Adullam, gaan bly.

6 Juda het 'n vrou gekies vir sy oudste seun, Er. Haar naam was Tamar.

12 Jare het verbygegaan. Juda se vrou het doodgegaan. Nadat hy opgehou het om te huil, het hy opgegaan na Timna toe om wol van sy skape af te skeer. Sy vriend Hira het saam met hom gegaan.

20 Juda het die bok saam met sy vriend Hira gestuur. Hira het gegaan om die dinge terug te kry by die vrou. Hy kon haar nie kry nie.