Genesis 29

1 Jakob het aanhou stap. Hy het by die land van die oostelike mense gekom.

9 Terwyl Jakob met hulle praat, kom Ragel daar aan met haar pa se skape.

11 Jakob soen vir Ragel. Trane rol oor sy wange.

13 Laban hoor die nuus. Sy suster se seun is hier! Hy hardloop uit, gooi sy arms om Jakob, en soen hom. Hy bring hom na die huis toe. Jakob vertel hom alles.

15 "Jy is familie. Maar jy moenie verniet werk nie. Wat moet ek jou betaal?"