Genesis 20

1 Abraham het opgepak en suid getrek tot in die woestyn. Hy het tussen Kades en Sur gebly. Hy het as 'n buitestander in Gerar gewoon.

2 Terwyl hy daar was, het Abraham vir die mense gesê dat Sara sy suster was. Koning Abimeleg van Gerar het van haar gehoor. Hy het mans gestuur om haar na sy huis toe te bring.

3 Daardie nag het God in 'n droom na Abimeleg toe gekom. "Jy is 'n dooie man. Die vrou wat jy gevat het, behoort aan 'n ander man."

14 Abimeleg het vir Abraham skape, beeste en helpers gegee. Mans en vrouens om vir hom te werk. Hy het vir Sara teruggegee.

17 Abraham het tot God gebid vir Abimeleg. God het hom gesond gemaak. Hy het sy vrou gesond gemaak. Hy het al die vrouens wat in sy huis gewerk het gesond gemaak sodat hulle weer babas kon kry.